“Geniet jou kinders se lawwigheid en speelsheid, dit hou mens jonk en bou goeie herinneringe. Eenklaps is hulle volwasse en dan is daar min tyd vir speel en lag.”
Johannes Schickerling
“Dit is okay as jy nie altyd jou kind verstaan nie. Dit is ook okay as jy soms kwaad word vir hulle. Die belangrikste is hoe julle die mis-verstaan en die frustrasie oorkom. Jou kind leer emosionele vaardighede uit jou gedrag”
Johannes Schickerling
"Maak seker jou kind kry genoeg rustyd om alles wat deur die dag gebeur te kan prosesseer. 'n Voldag skep 'n vol brein, wat maklik kan oorspoel in golwe van angs en bekommernis."
Johannes Schickerling
"Daar bestaan nie 'n ding soos 'n 'stout kind' nie. Daar is wel gefrustreerde kinders, of kinders wat nie weet hoe om positiewe aandag te kry nie"
Johannes Schickerling
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.