Potgooie – RSG
*Let wel dat die inligting slegs beskikbaar is in Afrikaans
‘n Persoon se waardesisteem
Eksistensiële angs / vrees
Dr Kincaid Kotzé op RSG
11 November 2022
Die jaar staan einde se kant toe, en baie mense begin nou vrae vra oor hulle doelwitte en hulle betekenis in die lewe. Wat as mens vashaak in hierdie negatiewe vrae? Wat as die angs te veel word, want jy het nie antwoorde nie? Ons kyk na eksistensiële angs, en hoe dit amper almal affekteer.
#anxiety #fear
Jou hantering van frustrasie
Psigometrika – wat om te weet
Dr Kincaid Kotzé op RSG
19 Augustus 2022
Die meeste mense assosieer psigometrika met skoolkinders en vakkeuses, maar hierdie toetse kan soveel meer vir mense beteken. Mense besef nie altyd daar is toetse wat jou kan help om geluk in jou beroep te vind, of om ‘n beroep te vind waar jy gelukkig sal wees. Psigometrika kan jou ook help om geluk te vind in jou verhoudings, nie net liefdesverhoudings nie. Jy kan uitvind wie jy is, hoe jy is en hoe die wêreld jou ervaar. Die inligting wat tot jou beskikking is, is oneindig Lise Swart praat met dr. Kincaid Kotzé oor hoe psigometrika jou lewensgeluk kan beïnvloed.
#psychometrics
Die sielkunde agter by die huis werk
Dr Kincaid Kotzé op RSG
15 Julie 2022
Ons kyk na die opsies van by die huis werk, of op kantoor. Daar is nog nie genoeg navorsing om klinklaar te sê of mense verkieslik tuis moet werk nie, en of ‘n kantoor ‘n beter opsie is nie. Al wat wel duidelik is, is dat die pandemie baie vrae by ons gelos het. So hoe moet ons hierdie besluit benader, en vir watter tekens moet ons uitkyk om te sien of ons die regte besluite maak, want beide by die huis werk en kantoorwerk het sy goeie en slegte punte. Wat pas by jou?
#work from home
